Wetenskaplike skryfvaardighede
Waar begin ek om my tesis of verhandeling te skryf? Watter afdelings het so 'n teks? Hoe kry ek my gedagtes op papier? Hoe bring ek al my resultate byeen in 'n samehangende geheel? Wat is 'n wetenskaplike skryfstyl? Hoe gemaak met bronverwysings? Wetenskaplike skryfvaardighede gee antwoorde op hierdie vrae. Dit is die resultaat van talle kursusse in wetenskaplike skryfvaardighede aan nagraadse studente, gebaseer op regte skryfprobleme en teksvoorbeelde uit uiteenlopende vakgebiede. Dit is ook beskikbaar in Engels as Scientific Writing Skills.